If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Sal jy daar wees?

as eens bekende
onwerklik word
mooie glimlag
plekmaak in koelte
vir skewe kwylmond
 
elke liewe dag
telkens oor en oor
van liefde vertel
al wil dit voorkom
als is verloor
 
vertel in detail
hoe angeliere ruik
van pragswane
wat hier naby pronk
kort-kort in water duik
 
as jy my voer
sê hoe dit smaak
streel dooie hand
wat nutteloos hang
weet dit maak saak
 
sal jy daar wees
my dag en nag sus
vashou en gerusstel
dat jy naby sal bly
tot ek in ewigheid weggedy