If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Katspin

Miskien het jy vergeet,  -
van die tye toe daar liefde was.  -
      
Vergeet van die tye,  -
toe jou asemstote gekatspin het,  -
      
toe daar liefde was  -
ware liefde in snikke, krete.  -
      
Jy’s stil, so uitermate stil.  -
Ek voel nie meer jou asem teen my ore,  -
      
die uitgerekte vreugde sug,  -
’n sug van volmaakte bevrediging,  -
      
is weg. Jy’s weg. Ek’s weg.  -
Alles is sommer net, weg, weg, weg...  -
      
In die weg, soek ek na ’n krieseltjie hoop  -
ek sien, hoe jou kloutjies, loop en loop en loop...  -