If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Afrikaans

Wat jy wil sê, my jonge man
is regtig maklik en jy kan
as jy net wil en mooi probeer
die Afrikaanse taal aanleer.

Maar nee,
eintlik is mos “actually”
en uiteindelik weer “eventually”
die “songs” was glo “amazing”
die “girls” dink dit was “boring”.

Die “show” was “awesome”
in plaas van heel besonders
die “performance” glo “stunning”
die “judges” niks watwonders.

“Cool it, man” en “chill”
dit “freak my uit” – ek wil net gril
vir jou simpel, goedkoop Anglo-Spaans
in plaas van net
gewone, goeie Afrikaans.