If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Nalatenskap

Meer sal ek nie nalaat nie
as ‘n paar vriende en vriendinne,
dalk enkele suiwer gedagtes
gegiet in frases en volsinne.

Sigbare monumente? – net die twee
waar ek oor jare heen met vlyt
rentmeester was en tree op tree
ge-ywer het in genadetyd.

My verse – in hul was ek kanaal
waarlangs begrippe en ideë
hul uiting vind in taal
en soos branders wegrol uit die see.

Vier kinders sal my gene dra
om voort te stu in nageslagte.
Aan elk laat ek dié bede na:
Kyk op en eer die Groot Gedagte.