If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Plaasmoord

God, hoeveel pyn
sal hierdie donker kontinent
sal hierdie bitter grond nog vra
van mense wat u lig moet dra?

Hoeveel smart, hoeveel offers,
hoe hoog die prys aan lewens en aan goed?
Elke plaas – ‘n seer verhaal –
opnuut weer duur met bloed betaal.

‘n Duisend boere – een vir een –
wat u nog hier kon dien en loof
hul bloed gestol tot rooi graniet
is uitgedoof.

God van vrede, hoor ons rede:
Met perd en ossewa
het Boere hier
u woord gedra.