If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ateïs

Jy sê daar is geen God nie
en misken Hom elke kant,
maar wat jy nie wis nie:
Hy hou ook jou in stand.

Ek hoor Hom in die donder.
Hy fluister in die wind.
Ek sien Hom in die wolke
en in die oë van ‘n kind.

Hy’s sigbaar in die melkweg
en in ‘n roos se hart.
Hy vorm die gras se sade
en bou die Kremetart.

Die getye hou sy reëlmaat
die weerlig spel sy krag.
Daar’s orde in sy werke
die ruimtes adem sy gesag.