If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Geruisloos, Heer
deur bloot net daar te staan
verkondig elke boom
die glorie van u Naam.

En as die windjie roer
en deur die blare fluister
besing hy dan in bometaal
u almag en u luister.

Maar eindelik sal sy droë stompe
gepynig in ‘n kaggelvuur
hulself aan u tot offer bring
getrou tot in hul laaste uur.