If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Sal U Nie?

Sal u nie Heer, wat stuurman was
en drie skepies oor die wye oseaan
laat uitvaar het,
nou weer by ons kom staan
en onder Suidersterre oor die rypwit veld
u almag weer laat geld?
 
Sal u nie Heer, oor mens en dier
in die lappie van u skepping hier
u vrede weer beveel
dat al wat leef en ras en volk
voor u weer stil kan word, en heel?
 
Dat oor plaas en stad en plein
die één besef weer pos kan vat:
God alleen
is soewerein.
 
Sal u dan tog nie weer
net oor ons kom regeer?