If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Sonsondergang

Teen skemer as dit stil word en die gewoel bedaar
daal ‘n kalmte oor die landskap
en die skilder maak hom klaar.

Oor wolke en die firmament
verf Hy met breë kwas en kwistige hale
oordadig en rojaal
op sy enorme skaal.

Teerste pienk en sagte geel word feller tot vlamrooi en
oranje
waar ligpers was word dieper blou –
die einder-lyne is sagter nou.

Heer, u kunswerk skyn die boodskap diep-pers deur:
Wees stil en weet ek hou beheer.