If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Crescendos

Van vêr af het ek jou sien kom
met die grasie en die gang
van een wat diep en stil verlang
en toe jy jou kom vly,
blosend, polsend naby, náby my
het die sagtheid van jou lyf
en die warmte van jou mond
my herinner aan ons klein verbond.
 
En toe jy jou hande op my skouers lê
en sonder woorde alles met jou oë sê
het ek  …………..verstaan
het ons …………. versmelt
het ons …………..ekstaties weggesweef
na waar ons lied se skerp crescendos
ritmies deur die ruimte sweef.