If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Najaar

My skat – ek noem jou solank so –
want ek ken nog nie jou naam nie.
Gewis is jy al naby
nog net nie deel van my bestaan nie.

Nou in die najaar van my lewe
wag ek op jou.
Reggeskaaf deur die verlede
wil ek my wese om jou vou.

Kom maak my lewe vol.
Kom vul my dae en aande.
Kom gee betekenis en sin
aan my seisoen se laaste maande.

As dit dan buite koud en donker is
tuur ons in die kaggelvuur
en smelt ons saam voor God
in ons aand se laaste uur.