If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Potchefstroom (Ina Rousseau)

Half-vier val daar ’n skaduwee
oor erdewerk en porselein.
Die wind waai met ’n geur van
klip en water oor die plein.

Die storm aarsel en bespring
die wilgers soos ’n wilde dier.
Die donderweer kruip grommend
nader oor die Mooirivier.

By Noordbrug word daar beeste
voortgedrywe oor die straat.
’n Vrou met duifgrysklere aan
gaan haal haar wasgoed van die draad.

Die padwerkers in Lombardstraat
hou vreesbevange op met werk.
Grys duiwe veer onrustig oor
die Duitse sendingkerk.

Daarbinne is die blomme dood,
die dag tot skemergrou gedoof.
Die Christus van mopanihout
hang weerloos met geboë hoof…