If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Mooidink

Ons is lekker honger.
Dis klewerig warm.
Niemand voel meer vars nie.
Die pad is nog lank.
Ai!

En die vatbaarheid om
hoogs geïriteerd te word
is ryp en reg.
Ai!

En toe borrel die frustrasie,
in totale voorspelbaarheid uit:
beskuldigings, verwyte, oordrewe reaksies,
teen-reaksies, en teen-teen-reaksies,
en so aan, en so aan, ...
Ai!

Alhoewel die gebeure heeltemal te wagte is
Alhoewel enige persoon met insae en lewenservaring
ten volle sou kon verstaan wat nou hier aan't ontvoue is,
is daar niks wat jy kan sê om die plofbaarheid te verlig nie --
en toe, met aangrypende kalmte maak sy 'n voorloper stelling
en toe 'n pleidooi tot die voorbok.

"As jy nou wysheid het, sal jy weet --
... daar is niks wat jy meer kan sê om kalmte te herstel
en die vlam van frustrasie te blus nie.
Al wat nou kan help, is jou vermoë om te swyg,
en so jou wysheid te bewys.
As jy nou stil is, is jy wys."
Ai!

En toe, absoluut onverwags, is almal tjoepstil.
Ai!