If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Augustus maand met sy winde

Augustus maand hier is ek,
net om te hoor
wat het jy vir my gebring.
Het jy weer die wind gebring?
Wind wat almal voor wag,
vir sommige ‘n voordeel,
vir sommige ‘n nadeel
 
Dink ek aan die tye
sekere gedeeltes weiveld
aan die brand gesteek
om parasiete dood te brand.
 
Keur oom Connie die vlamme kom na jou kant toe.
“Sê vir ou Fred Southey as die vlamme oor hardloop,
sal ek hom donder”
“Kan hy nie sien die wind waai?”
“Hy bly elke jaar die veld brand waarvoor”
“My vee staan in gevaar”
 
Oom weet die brand is eintlik ‘n goeie ding,
dit brand die bosluise dood plus nog ander parasiete,
So sal die nuwe gras weer groei
sonder bosluise en parasiete.
 
“Maar Fred Southey moet my altyd laat weet,
sodat ek my vee kan verwyder”
“As die brand dan so goed is dan moet ek ook probeer “
“O’ nou sien ek hoekom Fred Southey se veë altyd so gesond lyk”
“Maar mannetjie sê vir my hoekom dan net Augustus maande”
 
Oom dit is mos die maand wat die wind so waai
gras is droog,
help die vuur om effektief te brand.
Beplanning oom speel ‘n groot rol.
 
“Jong jy klink vir my te lekkerbekkig leer ou Fred Southey jou so”.
Oom steek aan die brand as jy sien Augustus is hier.
Steek aan die brand as jy sien die wind is hier.
Steek aan die brand as jy sien jou buurman is hier.
Totsiens oom Connie ons gaan volgende jaar weer brand
as Augustus kom met sy winde.