If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ge-Aantery onder die vergrootglas

As jy maar net weet
vir die wat nie wil weet.
As ek maar net weet,
hoekom was ek ge-ênt.
 
Die drie ênte op my linker bo-arm.
Die drie ênte op alle swart linker bo-arms.
 
Een van die witman se navorsing metodes,
om leed aan ons mense te doen.
 
Wel nie bevestig maar ‘n moontlike.
Die ênt op my linker bo-arm.
Verhoed dat ek nie groot groei.
Blinkers om my oë rondloop.
Ek sien net die witman as my baas.
Ek moet nie vêr vorder op skool.
Nog ander moontlikhede,
om my te benadeel.
 
Nou waarom was ek ge-ênt?
Die drie merke op my linker bo-arm,
dra al die getuienisse.
Weereens hoekom was ek ge-ênt?
 
Jy wat weet kom sê vir my,
hoekom was ek ge-ênt.
 
Groete ênteling.
O’ nee kleurling
klink ’n bietjie beter.