If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Groot toon het nie neus

Groot toon
het jy dan ooit ‘n neus gehad?
Het jy dan ooit nie ‘n neus gehad?
 
Die ou mense sê
“groot toon het nie neus”
 
Gee my kans om jou neus te gaan  soek,
help my as ek miskien die pad gaan verloor.
 
Ek sien jou in ‘n liggaam vasgebind.
Somtyds langer as die ander.
Somtyds korter as die ander.
Somtyds ewe lank.
Hoekom is jou lengte nie konstant?
 
Hopenlik hier lê die ding.
Jy het definitief  ‘n invloed op die mens.
Elke groot toon vertel ‘n storie.
Jou lengte kan baie dinge bepaal.
 
My waarneming is wel nie bevestig.
‘n Kort groottoon,
maak normaalweg ‘n sukses in die lewe.
Altyd ‘n mooi vrou,
nee oom
los dit maar vir die wetenskaplikes,
om verder te ontleed
 
As die wetenskaplikes maar net,
alle moontlike leidrade sal opvolg.
 
Oom Gert ek kon nog nie die neus opspoor,
miskien sal antie Sanna weet, doer
anderkant die blou berge.