If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Kolgans

Kolgans
of “Egyptian goose”
is jy van Egipte?
Het jy van Egipte af geswem?
Dit lyk my so.
 
Aangetrek soos die prins van Egipte.
Spoggerig soos ‘n Arabiermerrie van Egipte.
Stap soos ‘n Arabierhings van Egipte.
Altyd op die uitkyk.
Ouerlike pligte van die beste.
 
Vorm julle saam altyd ‘n geveg.
Ek sien jou altyd met jou “mistress”.
Jou broei seisoen het geen perke.
Verlede jaar gedurende Julie,
sien ek jou pad afstap,
met ‘n broeisel van ‘n paer dae oud.
 
Kom jy in die water,
is jy ‘n ware kampioen.
‘n Duikslag word telkens uitgevoer.
Kuikens volg met verskillende aksies,
te mooi om te sien.
 
Ek wil weet!
Hoe het jy hier gekom?
Wanneer het jy hier gekom?
Het jy vergeet van seisoene met al die trek?
Nou broei jy sommer enige tyd.
 
Kolgans swem maar weer terug na Egipte,
keer dan terug saam met die seisoene.