If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Mr and Mrs White

“Ignore” my maar Mr & Mrs White,
soos jy maar altyd doen.
Ja, jy ignore my mos asof ek nie bestaan.
Met verbygaan sien ons mekaar.
Sonder skaamte “Ignore” jy my.
Sonder gevoelens “Ignore” jy my.
 
“Ignore” my maar Mr & Mrs White,
soos jy maar altyd doen.
Kry ek jou in die straat “Ignore” jy my.
Maar jy vergeet jy dra soveel skuld in my.
Ja, soveel skuld deur wie en wat ek is.
So maak jy jou kinders ook groot,
om my te “ignore”.
 
“Ignore” my maar Mr & Mrs White,
ek sal nie met jou stry.
Nog minder sal ek jou nader.
Nog minder sal ek jou vra vir ‘n groet.
‘n Groet laat my voel ek is ‘n mens.
‘n Groet laat my voel ek het deel op hierdie aarde.
 
Jy kan jou groet in jou sak steek.
Jy kan jou “ignorance” in jou sak steek.
Al wat ek weet,
eendag sal kom om jou te “ignore”.
 
Werk ons saam dan weet jy goed,
om my te groet.
Want jy weet sonder my
kan jy nie doen.
 
Nou wil ek weet,
hoekom is jy so Mr & Mrs White?
Wat het ek gesondig teenoor jou?
Sit jouself ‘n oomblik in my skoen,
dan sal jy voel hoe dit voel
om “ignore” te word.