If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Rympies in Afrikaans

(Weet u van nog? Help asb. Klik op Feedback heel onder en stuur gerus aan asb. ...en ek werk dit dadelik by.)

Duimpie

Duimpie
Duimpie se maat
Langeraat
Fiela Vlooi
piepie in die kooi
 

Duimpie het in die water geval

Duimpie het in die water geval
Duimpie se maat het hom uitgehaal
Langeraat het hom huistoe gedra
Ringman het hom in die bed gesit
En Pinkie het vir pappa gaan sê!
 

Hompie Kedompie

Hompie Kedompie sit op die wal
Hompie Kedompie het afgeval
Die koning se soldate
Probeer al wat hulle kan
Maar Hompie Kedompie bly plat soos 'n pan.
 

Swart Skaap

Swart skaap, swart skaap
Het jy baie wol?
Ja baas, ja baas
Drie sakke vol
Een vir die boer,
en een vir sy vrou,
en een vir die seuntjie
wat so baie van my hou.
 

Apie op 'n Stokkie

Daar's 'n apie op 'n stokkie
voor my ma se agterdeur,
daar's 'n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur.
 

Eendjies eendjies staan in 'n ry

Eendjies eendjies staan in 'n ry
1-2-3-4 stap hul verby
links regs links regs kyk hoe mak
reguit dam toe, kwaak kwaak kwaak.
 

Wippie en Snippie

Wippie en snippie loer uit ‘n gaaitjie,
Wip is ‘n muisie en snip is sy maatjie.
Wippie en snippie daar kom die groot kat,
Woeps spring die twee muisies weer terug in die gat.
 

Raaiselrympie

So groen soos gras,
So wit soos was,
So rooi soos bloed
So suikersoet!
Wat is ek: 'n Waatlemoen!
 

Tien Klein Paddatjies

Tien klein paddatjies kom sit in ‘n kring,
Bring julle boekies en laat ons sing.
Maak julle bekkies wawyd oop
En sing vir my so soet soos stroop.
Kwak-kwak-kwak,
Kwek-kwek-kwek,
Tien klein paddatjies maak my gek.
 

Skoon Hande

Hier is nou iets wat ek moet leer:
my hande was ek elke keer
net voor ek eet; dit is gesond
so bly die kieme uit my mond
(Elizabeth Snyman)
 

Wielie-Walie

Wielie-wielie-walie,
die aap sit op die balie
Tjoef-tjaf val jy af.
Wielie-wielie-walie.
 

Muskiet-jag

Jou vabond, wag ek sal jou kry
van jou sal net 'n bloedkol bly
hier op my kamermure.
Deur jou vervlakste gonsery,
deur jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
eer jy die doodslag van my kry -
my naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
wees ook nie so kieskeurig nie,
jy moet tog eendag sterwe.

Verwekker van malaria,
sing maar jou laaste aria -
nog een minuut van grasie.
Al soebat jy nou nog so lang,
al sê jy ook, ek is nie bang,
nooit sien jy weer jou nasie.

Hoe sedig sit hy, o, die ding!
Sy kinders kan maar kranse bring,
nou gaan die vabond sterwe.
Pardoef ! Dis mis ! Daar gaan hy weer !
Maar dood sal hy, sowaar, ek sweer -
my naam is Van der Merwe !
 

Jan Pampoen

Jan Pampoen
sit op sy skoen,
was sy gesig met suurlemoen.
 

Die Luiaard se Almanak

Elke Maandag maak ek klaar
om Dinsdag te verjaar.
Woensdag is ek siek,
Donderdag werk ek niet.
Vrydag is dit Slamse kerk,
en Saterdag sal ons naweek vier
want Sondag is weer kerk!
 

Oggend gebed

Dankie heer al is ek klein,
Vir my skool en vir my brein,
Maak my nuttig, goed en sterk,
Vader om vir U te werk.
Amen
 

Aandgebed

Op my stoeltjie sit ek nou,
Met my handjies saamgevou.
Liewe Jesus ek wil u dank,
Vir my kossies en my drank.
Amen
 

Tafelgebed

Dankie vir die kos wat ons kan eet
En laat ons U goedheid nooit vergeet.
Dankie vir die voëls wat ek kan hoor sing,
Dankie Heer vir elke ding.
Amen
 

Stoute Wouter....

Stoute Wouter,
klein kabouter!
Oor die meubels,
klim en klouter Tanya Mudway, UK
 

Wollewensie....

Wollewensie,
vette pensie
het kondensmelk
in sy spensie! Tanya Mudway, UK
 

Klein Tintinkie

Klein tinktinkie,
groot rinkinkie!
Draai vir Mamma
om sy pinkie Tanya Mudway, UK
 

Spekkeworsie

Spekkeworsie,
sawwedonsie
Badjies-badtyd
met my sponsie! Tanya Mudway, UK