Klompedraer
| O’ hoe wil ek jou naam | - | |
| oor luidsprekers roep. | - | |
| Hoe wil ek jou naam | - | |
| van berge, dakke skreeu. | - | |
| Jou naam, jy’s myne, | - | |
| dat die hele wêreld weet. | - | |
| In donker, wanneer dit nag is | - | |
| fluister, fluister ek jou naam. | - | |
| Ek roep jou saggies oor Touwsrivier, | - | |
| Johannesburg tot in Amsterdam. | - | |
| Hoor jy, op telepatie van die wind. | - | |
| Ek roep jou angstig soos ’n kind. | - | |
| Sal jy kom, O’ sal jy kom, klompedraer, | - | |
| in die pienkwit, perskebot van my najaar ? | - | |