If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Repelsteeltjie (Laerskool Pretoria-Oos)

Link to theRepelsteeltjie Prezi(to help you tell in by yourself).


Lank lank gelede was daar 'n arm meulenaar en sy dogter. Eendag sê die meulenaar vir die koning (om sy guns te wen) "My dogter kan goud uit strooi spin."

Goed, bring haar môre na my kasteel toe, dan stel ek haar aan.

En die volgende dag toe bring die arm meulenaar sy dogter, en die koning sit haar in 'n groot kamer vol strooi en sê, "Jy moet hierdie stooi vannag vinnig tot goud spin en teen sonop kom ek terug en dan kyk ek." Toe sluit hy die kamer toe en sy begin so benoud raak dat sy in trane uitbars. Toe gaan die deur oop en 'n klein-klein mannetjie kom in en vra, "O Repelsteeltjie, hoekom huil jy so?"

En sy sê, "Ag, die koning wil hê ek moet goud uit strooi spin, en ek weet glad nie hoe om dit te doen nie." En die klein mannetjie vra, "Wat sal jy vir my gee as ek dit vir jou tot goud spin?"

Sy sê, "My halssnoer aan my nek." Die klein mannetjie vat die halssnoer en begin. Woer ... woer,,, woer, woer, Na drie draaie is die eerste halmpie klaar. Woer, woer, woer - na drie draaie is die tweede halmpie ook vol. En hy gaan aan en aan tot alles klaar is en toe raak dit oggend.

Toe die koning inkom ... toe kom hy in en toe kan hy sy oë nie glo nie. Maar hy soek nog steeds meer en meer goud. Hy sit die meisie in nog 'n groter kamer en sluit weer die deur toe. Nou moet sy dit weer vinning in een nag tot goud spin.

En sy begin weer erger huil, en die mannetjie stap weer in en sê, "Wat sal jy my die keer gee as ek dit vir jou tot goud spin?"

En sy sê, "My ring aan my vinger." En hy sê goed en hy vat die ring en hy begin spin en spin. En teen sonop toe die koning inkom is alles klaar en hy kan sy oë weer nie glo nie, en hy sit haar, die meisie, in nog 'n groter kamer en sê, "As jy hierdie regkry om al hierdie strooi tot goud te spin dan sal ek met jou trou."

Goed, toe kom die mannetjie weer in en hy vra toe vir haar, "Wat gee jy my die keer as ek dit vir jou tot goud spin?" En sy sê, "Ek het niks aan my nie." En die mannetjie sê, "Goed, beloof my dan jou eerste kind as jy koningin word. Sal jy dit dan vir my sal gee?". En in haar nood toe weet sy nie anders wat om anders te sê nie en sy beloof toe. En die mannetjie spin toe vir haar die laaste keer, en toe die koning aankom, toe trou hy met haar.

En 'n jaar het verbygegaan en hulle het gelukkig gelewe. En toe kry hulle 'n baba (na 'n jaar). En toe het die mannetjie ingestap by die deur en gesê, "Gee mynou die baba wat jy my beloof het. En die koningin het so erg begin huil dat die mannetjie haar jammer gekry het, en gesê, "Drie dae gee ek jou kans. As jy my naam in drie dae kan raai, kan jy jou kind behou."

En die eerste dag, toe vind sy al die name uit wat sy kon, in boeke, en sy het orals gekyk. En toe die mannetjie die eerste dag inkom, toe vra hy, "Koningin, koningin, wat is my naam?" En sy sy begin en ... "Bertus" en sy noem al die name op wat sy ken. En elke keer sê die mannetjie, "So heet ek nie."

...tweede dag, vra sy vir almal in die omgewing, wat is julle name? En die tweede dag toe die mannetjie inkom, toe vra hy, "O Koningin, koningin, wat is my naam?" En sy begin met die snaakste en skaarste name soos Koenmannetjie of Skaapuintjie. En elke keer se hy, "So heet ek nie."

Toe stuur sy soldate uit om alle name wyd en syd te gaan soek. En toe kom 'n soldaat terug en sê vir die koningin op die derde dag, "Nie 'n enkele naam het ek gekry nie, maar ek het 'n mannetjie gesien, langs die woud, waar die jakkals en haas vir mekaar nag sê. Het daar 'n klein huisie gestaan en voor die huisie, 'n vuur, en langs die vuur het 'n mannetjie op een been gehop en gesing, "Vandag sal ek bak, en môre sal ek brou, en oormôre vat ek die kind van die koning se vrou. En niemand weet dat ek Repelsteeltjie heet."

En hoe bly was die koningin toe nie, dat sy gehoor het wat die naamis nie.

En die derde dag toe die mannetjie aankom, toe sê sy, "Is jou naam dalk Bertus?"
     "Nee." sê die mannetjie.
"Is jou naam dalk Eikert?"
     "Nee" sê die mannetjie.
Sê sy "Is jou naam dalk Repelsteeltjie?"
     "Het die duiwel dit vir jou gesê? Het die duiwel dit vir jou gesê?", skree die mannetjie en hy word so kwaad, dat hy sy linker voet op die grond stamp en hy het weggesink en niemand het hom ooit weer gesien nie.

Fluit, fluit, die storie is uit.