If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Rooikappie (Benita du Plessis)

Rooikappie se ma het gesê dat sy moet kossies vir haar ouma bring want haar ouma is baie siek. En sy het ook gesê dat sy maak mag nie langs nie by die die pad stop om blommetjies te pluk nie want daar is 'n nare wolf wat daar bly. Toe huppel Rooikappie deur die woud.

Sy dog sy stop en sy kyk na die blomme. Dit is die mooiste blomme wat sy nog ooit gesien het. Toe dink sy, maar ek gaan 'n bietjie pluk vir ouma en ek sal nie te lank vat nie.  Sy pluk en sy pluk -- die mooiste blomme wat sy kan sien.

Toe sy opstaan, staan die naarste, nare wolf voor haar en sê. "Waarnatoe gaan jy? Rooikappie sê, "na my ouma" en die wolf sê, "umm, en waar bly jou ouma?" "Daar ander kant die dam of rivier?" Toe sê die wolf. "Ek weet waar dit is. Dus, ek ken 'n lang pad en 'n kort pad. Jy is besig om die lang pad te vat. Daar ander kant by die dam is die kort pad. Jy kan hom maar vat." Toe Goue Lokkies (should have been Rooikappie) weg is, toe fluiser die wolf  "ah, dis eintlik die lank pad".

Toe hardloop die wolf, op sy vinnigste tot by ouma se huis.  Hy klop aan die deur en loer met sy slegte oog, in die gleufie van die deur. Hy kom in en hy bind vir ouma vas en gooi aan haar in die kas en hy dra trek haar klere aan, (haar ou pak klere aan) en hy lê in die bed of maak of hy net daar lê of hy siek is.

"Tok, tok" klop iemand aan die deur, toe maak hy as of hy 'n sagte stemmetjie is, "Kom maar in" sê die wolf.  Kom Rooikappie in en sê, "Hallo ouma, hoe gaan dit met ouma?" My ma het gesê dat jy voel nie lekker nie, so ek het vir jou 'n paar, ... 'n mandjie kossies gebring en 'n paar blommetjies.

Toe sê Rooikappie, "Hoekom is ouma se ore so groot?"
     "Om vir jou beter te kan hoor my skat."
"Hoekom is jou oë so groot?"
     "Om jou beter te kan sien."
"Hoekom is ouma se neus so groot?"
     "Om jou beter te kan ruik.
"Hoekom is ouma se ore se groot?" -- Ek het dit al gesê. "Hoekom is ouma se mond so groot?" 
     Toe Skree die wolf, "om jou op te eet!"

Hy skeur die klere af en hy hardloop na Rooikappie toe om haar op te eet. Sy het so hard gegil dat 'n houtkapper in die woud vir hoor haar gehoor het. Toe hardloop hy dadelik na die huisie toe en slaan die wolf met die byl. Toe eet Rooikappie en die houtkapper lekker saam in ouma se huis.

Fluit fluit die storie is uit.