If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Rooikappie (Stephan du Plessis)

Eendag, het Rooikappie se ma vir haar gevra, dat sy hierdie mandjie vol lekker kosies vir ouma sal vat, want Ouma was baie siek.

Rooikappie vat toe die mandjie en toe sê haar ma "Maar onthou, jy mag nie van die paadjie af gaan nie, daar is lelike goeters." En Rooikappie sê "Ja mamma." En daar gaan Rooikappie.

Sy gaan na die paadjie en sy sien -- maar daar is die mooiste blommetjies. Toe, haar ma gesê sy mag nie af die paadjie gaan nie. Maar sy dink toe dat die blomme is so mooi, ouma sal so daarvan hou. En sy gaan toe af aan die paadjie, en sy kyk toe na die mooi blomme.

Sy pluk en toe sy omdraai staan daar a wolf teen die boom. En die Wolf vra: "Waarnatoe gaan jy met al daai lekker goeters Rooikappie?" En Rooikappie sê "net na my ouma toe, my ouma is baie siek." En die wolf sê toe "Wel ek ken 'n kort pad na jou ouma se huis toe, Rooikappie. Gaan net soon toe, daardie linker pad en dan sal jy baie vinnig daar uitkom." Al die tyd, het die wolf gejok en hy het vir haar 'n lang pad gegee, en wolf vat toe die kort pad.

Rooikappie gaan toe, en toe sy by Ouma se huis aankom, klop sy aan die deur, en sy hoor iemand sê met 'n growwe stem "Kom binne liefie, die deur is nie gesluit nie." Sy kom binne toe en sy sit die mandjie op die tafel. Sy gaan na ouma se bed toe.

Sy vra "Ouma, hoekom is jou neus so groot?"
     En ouma sê "Om jou beter te ruik, my kind."
En Rooikappie vra toe "Ouma, hoekom is jou ore so groot?"
     En die wolf sê toe "Om jou beter te hoor, my kind."
En Rooikappie vra toe "Ouma, hoekom is jou oë so groot?"
     "Om jou beter te sien, my kind."

Al die tyd het die wolf toe eintlik Ouma opgeëet, en haar klere aangetrek.

En Rooikappie vra toe "Ouma, hoekom is jou tande so groot?"
     Die wolf sê toe "Om jou op te eet".

Rooikappie gil toe en sy hardloop buite toe en die wolf is agterna. Buite by die bosse, was daar 'n houtkapper. Wat toe, rooikappie se sterk gilletjie hoor en hy hardloop toe en hy sien daar is die wolf. En die wolf sluk toe vir Rooikappie in. En hy raak toe aan die slaap. En net toe hy aan die slaap raak, toe kom die houtkapper, en sny wolf se maag oop en haal vir ouma en Rooikappie uit. Gelukkig het hulle niks makeer nie. En hulle almal sit toe klippe in wolf se maag. Toe wolf, nou weer wakker word, toe was hy 'n bietjie dors. Toe gaan hy na die rivier om water te drink, en toe kapplaks val hy in die water en daar sink hy. Rooikappie, Ouma, en die houtkapper het toe lekker geeët aan al die lekker goedjies in die maandjie.

Fluit fluit, my storie is uit.