If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

JAN SE PORTRET

Jan het hom vreeslik baie verbeel
Niemand is mooier as hy,
Hy wil 'n goeie portret laat neem
En vir elkeen een laat kry.

Die afnemer het toe haastig gekom,
Die kamera sit hy klaar,
Jan se neusie is blink geskrop,
Gepleister, is elke haar!

"'n Pragtige voëltjie sal daar uitvlie!"
"Vertel die skelme man.
"Kyk maar net reguit voor jou vas."
Dit doen die deftige Jan.

Hy trek sy mond op 'n stywe plooi,
Sy kuifie word reggemaak;
Maar toe die man hom wou afneem —
Kry die glas 'n lelike kraak!