'n Vreemde Eiland
'n Ou man met 'n skuitjie
Het op die see gevaar,
Tot by 'n vreemde eiland,
In die verte daar.
'n Vuurtje wou hy maak
Om lekker warm te bly.
Hy neem sy skuit se planke
Om dit aan brand te kry.
Toe vuurtjie net mooi brand,
Begin die grond te bewe;
Vuurtjie glip daar af -
Hoe red hy nou sy lewe?
Die eiland gaan aan't spring.
Hy't in die nood geraak -
Want op 'n slapende walvis -
Het hy sy vuur gemaak!