If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Liewe Vriend

Ek het jou gaan soek, tussen lanings, perske boom wit.
Stadigaan daarlangs gestap, tussen perskes sonder soet.
Ek het jou gaan soek, seestrande uitgestrek.
Kolkend draai die meeue,
  leë sand, leë rots, leë berg.
Kolkend draai en skerwend, skril skreeue onvertolk.
As ek saans my lig afsit, probeer my oë toemaak.
Allermins die rustigheid, die nag, en hierdie slaap.

Liewe vriend ek skryf vir jou, want ek verlang vandag.
Waar jy jou ookal bevind, vra ek dat jy sal wag.
Liewe vriend ek skryf vir jou, want ek verlang vandag.
En as jy ooit my brief sal vind,
  bewaar dit vir 'n slag, liewe vriend.

Soggens vroeg as ek gaan draf, die karre om my heen
My wentelbaan bly onbeslis, my voete is my kruis.
Keer my rug op dit, stap na my ou huis.
Waar ek dans alleen, gaan sit,
  brood en kaas, in my kombuis.

Liewe vriend ek skryf vir jou, want ek verlang vandag.
Waar jy jou ookal bevind, vra ek dat jy sal wag.
Liewe vriend ek skryf vir jou, want ek verlang vandag.
En as jy ooit my brief sal vind,
  bewaar dit vir 'n slag, liewe vriend.

Koffieketel droog gekook, skemer op my stoep.
Grens geheue dan aan verlange, en is dit goed.
Sien jy nog soms perskeboorde,
  groen lanings en dies meer.
Mis jy wel ons laatnag aande,
  mis jy dan die see?

Liewe vriend ek skryf vir jou, want ek verlang vandag.
Waar jy jou ookal bevind, vra ek dat jy sal wag.
Liewe vriend ek skryf vir jou, want ek verlang vandag.
En as jy ooit my brief sal vind,
  bewaar dit vir 'n slag, liewe vriend.
Liewe vriend, ek dink aan jou.
  Waar is jy? Ek mis jou.

I went looking for you, between the lanes, peach tree white.
Slowly walking along, among peaches without sweet.
I went looking for you, stretched out seashores.
Churning the seagulls are turning,
  empty beach, empty rock, empty mountain.
Churning turning and fracturing, sharp screams uninterpreted.
As I turn out the lights at night, trying to close my eyes.
At least the peacefulness, the night, and this sleep.

Dear friend I write to you, 'cause I am longing today.
Where ever you are today, I ask that you will wait.
Dear friend I write to you, 'cause I am longing today.
And if you ever will find my letter,
  keep it for a change, dear friend.

In the mornings early when I go jog, the cars around me
My trajectory remains undetermined, my feet are my challenge.
Turn my back on it, walk to my old house.
Where I dance alone, sitting,
  bread and cheese, in my kitchen.

Dear friend I write to you, 'cause I am longing today.
Where ever you are today, I ask that you will wait.
Dear friend I write to you, 'cause I am longing today.
And if you ever will find my letter,
  keep it for a change, dear friend.

Coffee kettle boiled dry, dusk on my stoop.
Memory borders on longing, and it is good.
Do you sometimes still see the peach orchards,
  green lanes, and the likes.
Do you miss the late night evenings,
  do you miss the sea then?

Dear friend I write to you, 'cause I am longing today.
Where ever you are today, I ask that you will wait.
Dear friend I write to you, 'cause I am longing today.
And if you ever will find my letter,
  keep it for a change, dear friend.
Dear friend, I think about you.
  Where are you? I miss you.