If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Riekie en Aline se Liedjies

Riekie Bezuidenhout (komposisies) en Aline de Witt (lirieke) is baie begaafd en bied aan die komende geslagte nuutskeppings om te sing.

Dit is so lekker om te sien dat die nuwe geslag nuutskeppinge kan ervaar.

Die liedjies word gesing deur die Juniorkoor van die Laerskool Fontainebleau o.l.v. Rosemarie Jelliman, met begeleiding deur Sarie Cronje.

Die liedjies - in die middel 1980's was daar 'n TV reeks "Van Kleuter tot Skoolkind". Riekie en Aline is toe gevra om vir elke program (daar was 20) 'n liedjie te skryf wat by die tema sou pas. Hulle het reeds 'n repetoire van landeliedjies gehad, maar moes ook nog heelwat meer skryf. Die Juniorkoor van Fontainebleau Laerskool het die liedjies opgeneem. Riekie het in daardie stadium die Seniorkoor begelei.
 
Riekie en Aline het verskeie ander liedere ook saam geskryf.
 
Aline was 'n ware woordkunstenaar - sy het verskeie gedigte geskryf wat ook in 'n bundel gepubliseer is. Dit was altyd so lekker om haar lirieke te toonset, alles het net altyd in plek geval. Sy het 'n BA Tale aan UP behaal en ook lank skoolgehou. RIekie het ook aan UP studeer en 'n B Mus asook onderwyslisensiaat in klavier by Hoërskool Randburg. Sy was 36 jaar by die skoolkoor betrokke as begeleier.