If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My Ma se Regterhand

Ek is my ma se regterhand dit sê sy elke dag,
en gee sy my iets om te doen laat ek nie op my wag.
Kan jy jou eie bed opmaak en klere netjies pak?
Staan al jou speelgoed skoon en heel, mooi regop op die rak?

Vir my is dit die lekkerste om roosterbrood te bak,
en dit met stroop en botter op vir teetyd reg te pak.
Was jy al self die skottelgoed en droog dit daarna af?
Is jy 'n goeie boodskapper wat fluks en gou kan draf?

Die grasmasjien is bietjie groot en raserig en rooi,maar ek help darem gras optel en in die blou sak gooi.Is jy jou pa se regterhand soos ek my ma s'n is?Dan is jy mos belangrik, Maat, dis seker en gewis.

Copyright © A. de Witt, R. Bezuidenhout

Ek is my ma se regterhand dit sê sy elke dag,
en gee sy my iets om te doen laat ek nie op my wag.
Kan jy jou eie bed opmaak en klere netjies pak?
Staan al jou speelgoed skoon en heel, mooi regop op die rak?

Vir my is dit die lekkerste om roosterbrood te bak,
en dit met stroop en botter op vir teetyd reg te pak.
Was jy al self die skottelgoed en droog dit daarna af?
Is jy 'n goeie boodskapper wat fluks en gou kan draf?

Die grasmasjien is bietjie groot en raserig en rooi,
maar ek help darem gras optel en in die blou sak gooi.
Is jy jou pa se regterhand soos ek my ma s'n is?
Dan is jy mos belangrik, Maat, dis seker en gewis.

Copyright © A. de Witt, R. Bezuidenhout