Al sou ek grys word
Al sou ek mooiste, duurste huis in buurt besit,
maar familie kan nie my teenwoordigheid benut,
dan is ek nutteloos en waardeloos,
soos bankstaat met ‘n nulbalans.
Al het ek woorde wat direksie se stem kan swaai,
maar hou my stom as dowe oor na kinders draai,
dan doen ek soveel meer kwaad as goed,
soos ’n skitterblink lamp sonder olie.
Al ken ek antwoorde en geheime van ekonomie,
maar besit nie kennis om kinders te waarsku nie,
dan is ek blind, gevoelloos en moedswilig,
soos ’n steeks muil binne bereik van voer.
Al skenk en aan armes,
glo opreg dat land sal heel,
maar te moeg om met kind te speel of storie te deel,
dan baat dit alles my net mooitjies niks,
soos ‘n groot stapel hout sonder aansteker.