Ek is Kosmos
saamgebondel in geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel langs doringdraad
’n paar indringerbome bied beskerming
oor ons wit, pers en pienk skakering
neurie ons hartseerwals in wieke van wind
halfpad deur ydele reëns en stof verslind
maar ons is die natuur se pragportret
deur Sy hand self gesaai, neergeprent