Ek lief jou
Jou sekelmaan glimlag,
ondeund saffier-sterre,
wat polka om pupille,
bring goudgeel prag -
in eens droewige dag.
Jou piesangtros- hande,
se gebaretaal praat,
met lettergreep vingers
wat skets en beduie -
van ’n ou-ou verhaal.