Kosmos
in jou wit, pienk en pers pastel
staan jy ruig langs doringdraad
‘n onnatuurlike skets vir die oog
wals jy soggens vir die daeraad
’n verbyganger kom en halt
versigtig buk en snuif jou geur
dalk moet hy ‘n hart gaan heel
drie of vier van jou kinders steel
om hul met sy geliefde te deel
jou stammetjie broos knak
onder die kneus van ’n duim
en jy stort een bittersoet druppel
want soos die draad raak jy
slegs nou ook maar ’n wrak