Kyk na buite deur loodglas ruite
Soos vergeelde droogblaar kwyn,
so ook ons hart se bibber- pyn,
want Hy wat alles nuut kom maak,
gee die son om warm te waak.
Soos nuwe bloeisels, perfek vorm,
skilder dit Sy reënboogprent,
harte vloei met warm- vreug are,
want dis U wil dat dit so geskied.
U uniek’ insek met vlindervlerk klein,
fladder en vlieg van nektar tot blom,
soms ‘n hele paar saamdrom baljaar,
bloeisel, skoenlapper selfs by, elk rein.
So - bid vir ‘n skoon, suiwer hart,
dat ieder wat smag na lente-prag,
helder- kleur uitstraal na buite,
opgemerk word deur loodglas ruite.