Miljoene myl–mymering
Pikswart perdepote
skets halfsirkels in sand,
stomend' neusgate vleuel,
in sy grynslag geen teuel.
Maanhare wind-wapper,
ruiter raak weer kind,
miljoene myl–mymering,
verberg in stofwolk was.
Figuur en fors- hings,
smeltend stil saam,
raak stippelklein ets,
teen die rooibalgloed.
Snel so ongestoord,
op duet tog voort,
as hul vry-vol vrede
oor horison verdwyn.