If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Oseaan-skets

Krag-wind struktureer jou hemelwaarts,
sonstrale jou pieke skitter-weerkaats.
Met skuimbolmassa tol jy om en om
tot jy kalm, rustig aan jou einde kom.

Trek dan skewe voortjies deur poele.
Saggies is die sywaartse krappie- bots
as bruin spoegskuim klots teen rots.
Ritmies gekartel soos ‘n skilderhand
lê speeksel van seewier, skulpe op strand.

Verskeie enorme skip met kosbaar’ skat,
verorber, geknak, flenters-vodde gebreek,
oorblyfsels skelm in bodem- buik versteek.
Jou horison ontoereikend, wasig, misterieus
deur menige bewonder, maar tog erg gevrees.