Sy Affodilreën
Terwyl somerreëns val,
talm digter by venster,
stomstarend na storm,
wat uitwoed daarbuite,
loeiende wind warrel,
dit donder dof-dreigend,
soos bliksems luid speel,
as hul klimtol oor rante.
Digter aanskou soveel meer,
as donderstorm daarbuite,
hy gewaar - miljoene blomme,
wat binnekort beur-deurbreek,
uit Skepper-deurdrenkte grond,
om aarde te vul met kleur en geur,
vir die digter,reën oorvloed seen,
gietend neer in Heerser-Affodille