Vier Seisoene koester
Stuur ‘n Rooiborshoutkapper,
sodat sy ritmiese klop,
met skerppunt snawel,
hartsluike wyd oopsper,
jou winkend binne laat fladder,
jy beeldend weerkaats word,
in sy ronde, stil pupille.
Stuur ‘n ge-oliede melodie,
met suiwer liefdesnote,
op vlerkwieke van wind,
dansend duis’lig meegesleur.
Op maat van uniek’ musiek,
word eie note terugversend,
na stil spesifieke beeld,
aan my so alombekend.
Stuur ‘n stewig gevlegde tou,
met lowergroen liefdesranke,
knus om hartmure toegevou,
telkens as ek daaraan pluk,
jou met deernis-smagtend,
stadig, afwagtend inkatrol,
tot snoesig styf teen my lyf,
waar ek jou met kosbaar,
knope van hart kan vertrou.
ek stuur ‘n seldsam’ orgidee,
in wildste geur van jasmyn,
en ‘n nootgevulde liedjie,
om dit in geheue te speel,
so sal jy my hart-ritme,
nou, môre en vir altyd,
vier seisoene kan voel.