O GOD dit brand!
TOTIUS,
ek wou nog altyd
vir jou ’n gedig maak
’n gedig oor jou Passieblomme
wat hier diep in die
onderste diklaagvelle van
my hart kom gis het
met elk herlees van elk vers
het jy my dieper gekatrol
my traanbelaaide emosies
hoog in my oogkaste kom stoot
ek hoor hoe jou smart
teen my oordromme fluister:
“Ag, sy het nie gesterwe,
maar sy was somaar dood:”
ek klim in die meelewe van
die skielikheid, in die meelewe
van ’n passievolle vaderhart
verskoon my tog as ek my
neus skoon blaas die trane
wat wel, droog vee
ek in die swartste nag van
jou siel, ongenooid binnekom
verskoon my tog as ek
jou verse nie noú verder lees
as ek, saam met jou snik:
“o God, dit brand!” !!!