Adelien
Jonk is sy en vars en edel
vriendelik en van aansien fraai.
Lank t’rug het sy stilletjies
haar om my hart gedraai.
Blanke roos wat ongemerk
in dié skewe en verdorwe land
die suiwer vlam van wit beskawing
helderder laat brand.
Haar kinders sal in later tye
die sendinglig soos fakkelvure
aansteek en dié hartseer land
weer skoonbrand uit sy donker ure.