Die Hings
Sweetvos Arabier
so edel, hoog, so fier
met trots en adel ingebind
tart hy en tem die wind.
Die kop en nek in hoë boog
die stert met koperkwas
snuif hy angstig na die merries –
sieraad van ’n suiwer ras.
Karakter, vaart en vuur
geslagte lank al ingeteel.
Dis die hings wat rustig windop wei
as die son deur sy maanhaar speel.