Die Donkerkop
Op ‘n afstand het ek jou bewonder
en geglo
dat dit my deel sou wees
om die verse van my hart
vir jou te lees.
En toe – vanaand
breek ek myself voor jou oop
so eerlik, so kwesbaar was ek –
vol hoop.
En jy – begrypend en sag –
wys my
taktvol
af.
Maar ek kyk steeds na bo
en wag en hoop
en bid
en glo.