Melkbosstrand
Ek sou net weer vir laas met jou
teen skemer, hand aan hand,
enkeldiep in die skuim en water
wou drentel langs ‘n Kaapse strand
om net weer te kon lag en speel
–ons tydjie is so kort–
en hardop droom oor wat
van ons liefde nog kon word.
Maar nou dwaal ek alleen, verslae,
geen blydskap om te laat vererwe –
wat goed en mooi was, al ons skulpies,
lê aan skerwe.
Dis net jou beeld wat uit die mis se grys
nog telkens in my seer onthou verrys.