If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Besielingsmagte

Gepolariseerde magte wroeg in my siel.
Beide logies gegrond, elkeen geregverdig.

Dis nie dat ek nou op daai krisisdrumpel
rustig terugskouend kan wik en weeg nie.
Dis nie dat ek dan besluitbewus is nie,
want daar's diep strome, geneënthede,
'n gemoedstoestand en eie wil wat ontsluit
om daai oomblik te laat gebeur.

Was dit wroeging en frustrasie?
Was dit onvervulde verwagtinge?
… of selfs net afgematheid,
'n honger magie,
of dalk 'n tamgeswete lyf
wat my gedryf het na denke
om nóú-se-gevoelens aan te spreek.
… maar ná die krisis, my onveredeld laat?

Of, was dit geloof en vasbyt,
'n vaste verbintenis tot naasteliefde,
'n metabewustheid van druk en frustrasies,
en 'n wil tot wysheid
wat selfs my verbaas
met die kalmte en vastigheid;
dat my oordeel nie deur omstandigheid gegooi word nie?

Dié twee paaie deurkruis
my hart en my gedagtes,
en net dié bewustheid
help my reaksie en besluitneming.

Milwaukee, VSA — 4 Julie 2021