Nag, Liefling!
Ek is lief vir jou "clijnci"
(baie lief)
Die vaakheid oorval;
in tederheid raak jy weg -
smelt jy, sag gekleur.
Sagkens word ek meegevoer
tot die vloei van my hart,
wat
in die skadu's van pastel
verkleur:
'n Voorbode
tot die reënboog
wat in jou sluimer.