If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Boom

Sy verander daagliks
en ek die jaloerse minnaar
fynkam vir subteks
Ek hoor haar vaagweg sug en steun
terwyl sy bosberaad met die kraaie hou

Sy maak haar mooi vir iets,
verklee nonchalant elke dag bietjie meer
My agterdog maak my wild maar
sy stoot speels haar vingers deur myhare
en maak my beheptheid mak

Hier en daar laat sy iets val,
en dit raak toenemend meer
asof sy ligter wil wees om te kan vlug
ek pes haar, paai haar, vra haar
en sy? Bly stil.

Maar sy ritsel en ril
ontbloot haar
sy wink my nader
sy fassineer my
haar arms in

Ek lê plat op my rug
onder haar asof gekruisig
ek proe haar seisoene
broosheid verkrummel
Ek gryp twee vuiste vol gisters en geemyself oor.

 


©KARINHOUGAARD / Musiek en voorlesing deur Karin Hougaard