If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Om Totsiens te Sê

Met elke groet gee ek 'n stukkie van myself weg. Word ek gedekonstrueer.
Sel vir sel losgeskeur uit die enigste werklikheid waarin ek glo - nóú.

Los ek my stukkies
op jou deurknop
jou tafel
jou boeke
jou vloer.

Los ek my stukkies
in jou hande
jou omhelsing
of die klere in jou kas.
Los ek my stukkies
tydig en ontydig
bewus en onbewus
op ongewonde plekke
sonder om iets van myself
te mis.
Los ek my stukkies
om onsigbaar
mikroskopies
fyn
te verklik
dat ek hier was
dat ek deel was
dat ek
was.

©KARINHOUGAARD / Musiek en voorlesing deur Karin Hougaard