If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Oorbegin

(Seisoene van Velang)

Oor-begin,
voor-begin,
alles word her-gebore.
Groen begin kop-uitsteek.
Jasmyn hang soos
'n oorversadigde reënwolk in die lug.
Nou wag alles.

Alles wag
op die somerreëns
om in een verwoede bui
die stof,
skuld,
sonde
weg te was.

Groener as groen
te was
want veral hier,
hier in Afrika
is skoon begin
nie witter as wit nie.

Dis in die swart van afgebrande veld
in die geil groen van uitgroeigras
dis in die orgasme van 'n hoëveldse donderstorm.

Dis in elke omhelsing
elke soen
elke kyk
waarin ons mekaar,
bitterlik
probeer
herontdek.

 

©KARINHOUGAARD / Musiek en voorlesing deur Karin Hougaard