If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Stilte

(Seisoene van Verlang)

Ja die Lente is mooi en die lug is glad.
Vars flertsies wat maklik my keel afgly.
Ek adem versigtig.

Ek verstaan die stilte. Ook joune. Ek is 
ook vir die meeste stil, rustig, selfs gelukkig.
Alhoewel ek nie die gode wil tart deur
dit te hard-op te sê nie, want my stilte
kom met iets meer.

Asof ek op Vesuvius se nok staan
- die dreuning voel
weet wat moet kom.

Asof ek op 'n stil sandpad stap
en so in die loop die kliek van 'n
landmyn onder die bal van my voet
voel
en nou durf ek nie beweeg nie
nie vorentoe nie
nie terug nie.

Dus sluk ek die flertsies lug af
en wag
en wonder 
how will this all end...
Die kliek se stilte
maak my bang

 

©KARINHOUGAARD / Musiek en voorlesing deur Karin Hougaard