If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Groet

Die Groet

Groet ek eerste is dit goed.
Groet ek laaste is dit nie goed.
Kom ek aan met my groet,
word dit verwag van my om te groet.

Groet ek eerste in Afrikaans
“more”
Kom die antwoord
“more”
Alle kommunikasie stop net daar.

Groet ek eerste in Xhosa.
“Molo makhulu”
Kom die antwoord.
“Molo tata”
Vra ek eerste.
Unjani makhulu”
kom die antwoord.
“Ndiphilile tata unjani wena”
Antwoord ek.
“Siyaphila nam  akhonto makhulu”
Kom die antwoord.
“Inkhosi tata”
Antwoord ek
“Inkhosi makhulu”

Hierdie groet in Afrikaans
beteken nie so veel soos in Xhosa.
Nie so veel vir ‘n Xhosa person.

Hierdie groet in Xhosa,
is die mees belangrikste van alles
in die Xhosa kultuur.

 Deur groet word ek aanvaar.
Word ek verwelkom deur almal.
Breuk ek deur ‘n muur van staal.
Toegang kry ek van almal.
Word ek aanskou as ‘n ikoon.
te mooi om te aanvaar.

As jy hierdie toets kan slag,
met die groet van die lewe.
Het jy die kaartjie
na die nuwe Suid-Afrika.
Wat soms moeilik is om te bekom.
Hoekom?
Jy kan nie en jy wil nie Xhosa praat.

Mooi bly en leer so vinnig moontlik om te groet.
Moenie vergeet die klap van die tong.

 

Ruben Bentley,  Ooskaap

---------------------------------------------------------------------------------------------------------

Daar kom die trein

Tjoek! Tjoek!
Daar kom die trein,
vol beloftes,
vol verskillende souse.

Staan ek op die stasie
met my kaartjie,
Koisan tot Koisan.

Vra die guardjie “waar is dié plek”?
Antwoord ek
Koisan Stasie is net hier voor
Kan jy my miskien sê, is dié die regte trein,
wat kom vanaf Koisan Guardjie?
weet  hy skielik niks.

Dié trein hardloop die hele Koisanland deur,
dis hoekom my kaartjie lees,
Koisan tot Koisan.

Ek kan klim vanaf punt “A” tot “B”
dis mos myne.
My kaartjie is gedruk, uitgegee
deur die Verenigde Nasies.

Klim ek op die trein
word ek sous aangebied,
wat ek nie aanvaar vir ’n sent,
nogminder beloftes.
Ek is moeg van beloftes.

Die tyd het aangebreek,
om ernstig te wees,
oorgaan na die daad,
vreedsaam te onderhandel.

’n Boodskap aan almal.
Op die trein.
Op die stasie.
Alle ore wat luister.
Hierdie kaartjie in my hand,
Kan nie verander word,
Sal nie verander word.

Sous trein vat my nou na die verste punt.
Na die uithoeke van die land.
Na die armstes van die armstes.
Na die wat het en nie wil deel.
Na die wat hoor, maar nie wil gehoor gee.
Na die wat erkenning soek.
Na die “confused” Kleurling.
Sodat ons almal saamspan.

Koisan!
Jy hoef nie te vrees die kaartjie is vry.
Sorg dat jy op die stasie kom met jou bagasie.

Bagasie is wat?
praat een taal
een visie
saam span
eerlikheid
DNA uitslag
 
Sien daar is manne wat hul kaartjies verloor het.
Hoe nou ou vriend?
Jy was dan eerste op die trein,
geval vir die sous,
klaar is die sous

Sien ook daar is manne wat op die stasie wag net vir die sous trein.
Maar ek het nuus vir jou ou vriend.
Pasop vir die opslag koël.
Jy gaan afgelaai word op die volgende stasie.

Ek hou maar by die reëls.
Hoekom ek wil nie afgelaai word.

Volgende stasie!
Gooi die sous by die venster uit.
Soek jou kaartjie.
Bly op die trein.
 
Neef Tolman!
Ek weet jy gaan by my ’n kaartjie kom soek.
Ek het nie, ek het jou gewaarsku, lank voor die trein kom.
 
Ruben Bentley,    Ooskaap

My van en my naam

My van en my naam

My van sê wat ek is,
sê wie ek is.
Bepaal my herkoms.
Nou wat is in my van
wat my so bekend maak?
Ek kom nog aan lê my van al daar.
Sệ ek wat,
sal ek hoor,
ons weet van jou.
Groet ek en sê my van sal ek hoor.
Jou familie is ook hier
 
My naam sê wie ek is.
Bepaal my beeld.
Gekoppel aan iets.
‘n Gebeurtenis, ‘n beeld, ‘n ikoon
 
Nou wat is in my naam
wat my so bekend maak?
Ek kom nog aan,
lê my naam al daar.
Sê ek wat, sal ek hoor.
Ons weet van jou.
Groet ek en sê my naam.
Sal ek hoor.
O’ jy is dinges wat hulle van praat
 
Nou sien ek hoekom die gesêgde,
“jou naam loop voor jy kom agterna”.

Ruben Bentley – Ooskaap

Pasop vir die opslag koël

Pasop vir die opslag koël

Oom, pasop vir die opslag koël.
“Pasop vir wat”
Vir die koël oom.
“Waar is die koël
ek sien dit nie”.
 
Ontleed jy die sin.
Pasop laat my skrik
Pasop maak my versigtig.
Hou net hier vas.
 
Opslag laat my dink,
groei mos in die landerye.
 
Koël laat my dink,
kom in umshini wam,
of in ‘n masjien geweer.
 
Oom Gert laat weet,
“Mannetjie as die koel my ouvrou tref
dan sal jy sien”.
Nee oom verstaan nie.
 
Laat ek probeer verduidelik.
Die koël is ‘n koël wat
vele mense tref vanuit dieselfde loop.
Wat gemik was vir iemand anders.
So moet nie mik na iemand,
want die skoot  kan terugslaan.
 
Hoop oom, verstaan nou.
Hou op om mense te skiet,
want die koël kan terugslaan.
Pasop vir die opslag koël.
 
“Ja nou verstaan ek ou seun”.
“Maar julle moet nie voorbeelde maak.
Ek en die antie leef maar in vrede”.
 
Mooi bly en pasop vir die opslag koël oom.

  Ruben Bentley - Ooskaap

 

Trou vanuit die boom gesien

Vra jy trou dan sệ sy ja.

Vra sy trou dan sệ jy ja.
 
Vra jy iets,
sal jy hoor daar is nie iets.
Sệ jy iets
sal jy hoor bly stil.
 
Gaan jy waar, jou skoonma is by.
Gaan jy om die draai, jou skoonma wil weet.
Lui jou foon, jou skoonma wil weet.
 
Wat nou my broer?
Het jy nie gehoor die oumense sệ trou is nie perd koop?
Het jy jou kop in ‘n bynes gesteek?
 
Dit is nou so,
jy kan nie nou kop uittrek
die koel is deur die kerk.
 
Soek jy raad sal jy hoor,
“Ek het jou gesệ”
Nou wat was gesệ?
die kan ek nie onthou want ek was doof.
 
Soek jy raad dan sal jy hoor,
“kon jy nie sien”
Nou wat kon ek sien?
Die weet ek nie want ek was blind.
 
Soek jy raad dan sal jy hoor,
“Jy wou mos”
Nou wie wou?
Die weet ek nie ek wou dit so gehad het.
Soek jy raad dan sal jy hoor,
“Kon jy nie beter gekies het nie”
Nou wat is beter?
Die weet ek nie want ek was mal.
 
Soek jy raad dan sal jy hoor,
“Hoekom smyt jy haar nie weg vat ‘n ander vrou”
Nou wegsmyt is niks
maar Miss Right is skaars.
 
Groete troukoors
 
Ruben Bentley - Ooskaap

Umshini wam

Umshini wam

“Umshini wam” beteken wat?
Is dit my masjien geweer?
Is dit my Foschini?
Nee nie een van die.
 
Kom ons probeer.
Umzuma klink na my baas.
Umsuthu iewers op die landkaart.
Umsulu wandel in my geheue.
Umdela gedeelte van ‘n ikoon.
Umbeki ‘n vorige figuur.
Nee nou is ek van die pad af.
 
Probeer weer van voor.
Umzimkulu klink ‘n bietjie vêr.
Umhlanga klink nog vêrder.
Is ek op die pad?
Moet ek links draai na die Um?
Regs draai na die shini?
Reguit tot by die wam.
 
Kom ek by die Um.
Vergeet ek van die shini.
Nogminder die wam
 
Inboorlinge hoor wat ek sê,
As jy nie die landkaart het,
van verskillende tale,
verdwaald is jy in die nuwe Suid-Afrika.
 
Verkoop my dringend die landkaart,
sodat ek kan sien
die pad na Umshini Wam.

  Mooi bly, Ruben Bentley - Ooskaap

Vlooie-jag

Vlooi daar is net een uitweg, is om jou te dood.
Jou bloed wat ook my bloed is,
sal in die kombers agterbly.
Ek sal van jou ’n voorbeeld maak,
ek kon nie slaap deur jou gebyt.
Soek ek jou hier, spring jy weg,
soek ek jou daar, is jy alreeds weg.
Alle getuie agter gelaat op my vel
 
Hier gaan ek veg tot ek die oorhand kry,
ek het mos die reg gekry by God
om kontrole te kry van als op aarde.
Veg, ja veg tot die dood om jou uit te wis.
 
Voorstel gaan ek nie,
Jy ken my alreeds deur my bloed se smaak.
Hoekom kruip jy weg as ek jou soek?
Want jy weet van jou sal net ’n kaalkol bly.

Vlooi jy weet jou dae is getel met my in die bed.
Nooit sal ons kan saam woon met jou in die bed.
Eiers alreeds agtergelaat om jou familie te vergroot.
Speel maar jou laaste wegkruipspel.
Drink maar jou laaste avonmaal.
Diep sit jy in die soom van die kombers toegedraai.
Jou sterwe is nou, nie langer as nou.
Daardie gespierde bene van jou sal nie meer spring.
 
“Pssss” spuit, ek.
Daar lê jy nou bene in die lug.
Waar is jou familie om jou te begrawe?
 
Al wat ek weet,
vanaand gaan ek slaap soos nog nooit
geen gebyt en plaery van ’n vlooi.
Daar waar jy lê laat weet jou broers
om nie te gerus wees vir die “Psss”.
 
Mooi bly prooi van die vlooi.
Drink maar iets om die smaak van jou bloed
bitter te maak vir die vlooi.

Ruben Bentley - Ooskaap

Vaarwel Karoo

Die dag toe ek sê
“vaarwel Karoo” met al jou,
Geskiedenisse,
Seëninge,
Beproewinge,
Geografie,
Paleontologie,
Armoede,
Fossielle.
Hier waar miskien die herkoms van lewe is.
 
Val dit my by.
My naelstring lê hier begrawe.
Fondasie lê hier begrawe.
Toekoms is hier bepaal.
Rigting is hier aangewys.
Hier waar miskien die herkoms van lewe is.
 
Val dit my by.
Paleontoloë is besig met  Argeoloë.
Paleontoloë is besig met Geoloë.
Paleontoloë is besig met Bioloë.
Paleontoloë is besig met Astromome.
Paleontoloë is besig met   Cosmoloë.
Paleontoloë is besig met   Philoloë.
Paleontoloë is besig met Geskiedkundiges,
om die herkoms van lewe hier te bepaal.
 
Val dit my by.
Paleontologie lệ op die grens
van Biologie tot by Geologie.
 
Al hierdie dinge kon my nie weerhou.
Dis hoekom ek sê,
vaarwel  karoo met al jou fossielle.
 
Mooi bly Karoo tot ek eendag weer kom kuier.

  Ruben Bentley - Ooskaap

Reënboog

Reënboog o’ reënboog,
jy staar my in die gesig,
asof jy iets te sê het.
Net as daar wolke oor die aarde is.
Tog so mooi met verskillende kleure,
staar jy my aan,
met ‘n boodskap van God
om te sê.
“Dit is die teken van die verbond
wat Ek sluit tussen My en julle”
Die boodskap kom deur.
“Waters sal nie meer ‘n vloed word”.
 
Reënboog dankie dat jy my kom sê.
My herinner.
Sodat ek nie hoef te vrees vir nog ‘n vloed.
Jy het ook vir Noag die boodskap gebring,
sodat hy nie hoef te vrees vir nog ‘n vloed.
 
Probeer ek as kind,
jou kleure te vang,
in die hande te kry.
Hardloop jy liewer vêrder weg.
Somtyds een boog.
Somtyds twee boë
 
Waar moet ek vra?
Gaan soek?
Van jou lieflike kleure
in die hande te kry.
 
Elke keer as jy die boodskap bring,
kyk ek jou met ‘n oog van dankbaarheid.
‘n Oog van begeerte
 
Die boodskap kom deur,
Na alle lewende wesens.
In alle vlees wat op die aarde is.
Ons hoef nie vrees vir nog ‘n vloed.
Reënboog dankie vir die boodskap elke keer
as dit reën.
 
Mooi bly.
Bring van jou mooi kleure saam
volgende keer.

  Groetnis,  Ruben Bentley - Ooskaap

Stief

Stief jy kleef aan ma, pa, broer, suster, seun, dogter.
Jy sal altyd daar wees.
‘n Figuur bly in hierdie samelewing.
Erken moet word,
laat na moeite verdriet.
Maak harte seer sover jy gaan.
 
Jy word nie genoem op jou naam “stief “,
maar liewer ma of pa.
Is dit jou voorkoms wat jou laat binnekom?
waar moet ons die waarheid gaan soek?
Wie jy werklik is
 
Stiefseun/stiefdogter se mening:
Trou jy met my pa/ma
is jy my stiefpa/stiefma,
ek jou stiefseun/stiefdogter.
Nou is jy my pa/ma,
ek jou seun/dogter.
Hoe wat maak jou my pa/ma?
 
Gaan ons mekaar verby,
lyk ek kan ‘n oorval kry.
Hoe moet ek maak om dié man/vrou te aanvaar?
As ek jou aanspreek,
dan sal ek altyd grom.
Nooit werklik sal ek jou aanspreuk pa of ma.
 
Stiefpa/stiefma se mening:
Trou ek met jou ma/pa,
is jy my stiefseun/stiefdogter,
wat ek aanvaar aanneem as my seun/dogter.
Nooit sal jy my ooit oortuig jy is my seun/dogter.
Dit lyk nie jy aanvaar my werklik.
Sệ ek iets as pa/ma
dan word ek nie aanvaar.
Hoe moet ek voel as ‘n pa/ma vir jou?
Hoe moet ek maak sodat jy my aanvaar?
 
Stief jou lệplek is baie diep,
sal nooit ooit openbaar kan word.
 
Bly lekker stief met al jou probleme.

  Ruben Bentley - Ooskaap

Swaarkry in perspektief

Swaarkry jy is diep geplant onder ons mense,
wat tot die dood toe onthou sal word.
Jy het my oë laat oopgaan vroeg in my jeug.

Jy het my geleer:
Om dankie te sê.
Môre te sê.
Asseblief te sê.
Jou medemens lief te hê.
Wat dit beteken om swaar te kry.
 
Gaan ek die stad in,
sien ek jou met ‘n baadjie aan van swaarkry.
In Pep Stores vir goedkoop Airtime.
Goedkoop sigaret of ‘n tabak zol in jou mond.
Nog verder aan sien ek jou beswope vuil.
‘n Liter aangemaakte koeldrank.
In die vroue se skoot, vol gepak van swaarkry.
Op die Nasionale paaie stap.
Op ‘n bicycle sonder ‘n klokkie.
Op ‘n donkie kar sonder ‘n rigting.
In die slaghuis in rye staan wag vir ‘n affal.
In die Townships sien ek teveel kenmerke van jou.
Op die eerste van elke maand sien ek jou
in toue staan by die Allpay.
Vergoed  te word vir die leed.
Die skopper langs jou staan,
om jou verder te beroof,
Jy bly nie net in ‘n HOP huisie nie.
As ek vra!
Swaarkry waar bly jy?
“Ek bly in Moeggesukkel”
“Ek bly in Blikkiesdorp”
“Ek bly in Dielaasteuitweg”
“Ek bly in Mandela”
“Ek bly in Joe Slovo”
Al hierdie name is  soos ‘n prentjie voor my
wat gekoppel is met swaarkry.
 
Ek sien jou binne in die HOP huisies vasgekleef.
Die Son koerant onder die arm.
Sondae kerk toe.
‘n Pastoor aan die voorpunt,
wat jou ook verder beroof.
 
As jy die sleutel wil soek van swaarkry,
sal jy vind dit is toegesluit,
in die witman se klui.s
Gebore in armoede lê die uitgestrekte swaarkry voor.
Vir sommige van ons hul hele lewe lank.
Die resultaat van armoede is swaarkry.
Vir diegene wat nie geproe het van hierdie bittere pil.
Wens ek hulle alle heil en seën toe.
Toetsiens armsalige

Ruben Bentley -Ooskaap

Rooivleis

Rooivleis jy  smaak nie meer soos voorheen.
Jy ruik nie meer soos voorheen.
Jou kleur is nie meer soos voorheen.
 
Wat het gebeur?
Het veranderinge
jou smaak laat meegaan.
 
Is dit die vêtmaak in die kraal?
Is dit die voeding in die kraal?
 
Wat is in hierdie voer wat jou,
smaak belemmer,
ruik belemmer,
kleur verander,
my gesondheid aantas.
 
Is dit hierdie veranderinge in jou,
wat my siek maak?
hoekom is ek dan nou Kronies verklaar?
Met Hoë Bloeddruk.
Waar moet ek die oorsaak gaan soek?
 
Vra ek vir die slagter
vir organiese vleis.
Weet hy nie.
Hoekom is die vleis so wit?
Weet hy nie.
Waar die vleis vandaan kom?
Weet hy nie.

 
Ek moet sê.
Steeds is jy gewild onder die pasiente.
Gewild is jy aldus siektes wat jy veroorsaak.
Gewild is jy aldus kwale wat jy veroorsaak.
 
Al wat ek nou moet doen,
is om jou te vermy.
Aangaan met my lewe.
My medikasie te gebruik,
soos die dokter aanbeveel.
 
As ek jou kan vermy,
is dit weg met alle kwale.
‘n Nuwe lewe, nuwe liggaam sonder kwale.
Maar jy is dan tog so lekker en tog so geurig.
Hoe moet ek maak om jou te vermy?
 
Rooidraad
O’ nee rooivleis
Nooi my as jy weer jou kleur gekry het.

  Ruben Bentley - Ooskaap

Sekretarisvoël

Sekretarisvoël,
Jy stap so mooi.
Patroleer so mooi.
Univorm wat floreer.
Univorm met geen vuilmerke.
Nooit sal jou drag jou in die steek laat.
Alles is in plek.
Nate ingestryk.
Knope vas gewerk.
Das pas by die drag.
Broek nie te hoog.
Broek nie te laag.
 
Oog ingestel vir enige beweging op die grond.
Elke tree so stadig en suutjies.
Liggaamsbeweging so effektief.
 
Slang! die skoot val onmiddelik.
Vinnig en effektief soos moontlik.
Die koël is die dodelike poot.
Op in die lug.
Vrygelaat in die lug.
Prooi val dood op die grond.
 
Eet maar jou maal.
Jy moes hardwerk vir die maal.
Snawel is skerp geslyp vir die maal.
 
Na hierdie maal,
sien ons jou nie weer.
Moet nie weer so lank wegbly.
Kom gou weer.

  Ruben Bentley - Ooskaap

My skoolbaaitjie en ek

Januarie negentien vyf en sestig,
kom ek op die Hoërskool Bellville-Suid.
Met my plattelandse aksent
wat ek nie sal verruil vir ‘n sent.
 
Kom ek met my standard vyf report,
om opgeneem te word.
Word ek aanvaar met my report.
 
Toe aanvaar maar het nie die drag.
Laat weet ek huis toe ek is aanvaar,
maar ek het nie die drag.
 
Kom die brief daar is nie geld.
Sit ek en dink.
Hoe mooi sal ek wees.
In ‘n vaal broek van die skool.
In ‘n baaitjie van die skool.
In ‘n das van die skool.
Die skoolhoof Mnr. Braam kondig aan
die skooldrag is verkruigbaar.
 

Kom ek by familie vir hulp,
dan is daar nie.
 
Elke dag na skool soek ek werk.
Een Vrydag middag na skool
gaan ek Checkers in Bellville binne.
Soek ek die bestuurder,
verduidelik ek my situasie.
Word ek aanvaar
om te werk Vrydae na skool.
Saterdae winkelure.
 
So het ek my skooldrag afbetaal
Die dag toe ek dit kry,
lyk ek soos ‘n skoolseun van Queens College.
Tog te pragtig
 
Checkers wel gedaan

Ruben Bentley - Ooskaap

My skoolmeester en ek

Vroeg in die môre lynstaan.
‘n Aksievolle lynstaan.
Staan jy skeef kry jy pak.
Kom jy laat die lat breuk op jou.
 
Elke dag in die lynstaan.
Inspeksie van kop tot toon.
Voldoen jy nie in die lynstaan.
Die donderweer blits op jou.
 
Maandag in die lynstaan.
Sondagskool misgeloop.
Die lat dreun op jou.
 
Einde van die maand lynstaan.
My meester het mos gepay.
Nou lê daar werk.
 
Elke dag in die klas,
word ek gedril,
my toekoms in.
Hier  waar die lynstane
my toekoms bepaal het
is ek nie spyt.
 
Hier waar die lat
my sukses in geslaan het
is ek nie spyt.
 
Al wat ek vandag kan sê:
Meester hoekom het jy my nie meer geslaan?
Dan was ek miskien vandag in die parlement.
 
Meester ‘n werk welgedaan.
 
Groetnis meester

  Ruben Bentley - Ooskaap