If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

W.L.(Willie) van der Merwe (1957) het opgegroei op ’n familieplaas naby Meyerton in Gauteng. Na studies in letterkunde, filosofie en teologie aan die Universiteit van Stellenbosch was hy vir twee jaar dienspligkapelaan, onder andere aan die Namibies-Angolese grens. In 1989 het hy doktorale navorsing gedoen in Utrecht, Nederland, waarvoor hy en in 1990 sy doktorgraad in die filosofie verwerf het met ’n proefskrif oor die verhouding tussen taal en ervaring. Hy is in 1998 benoem tot professor in filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy was verskeie kere navorsingsgenoot of besoekende professor aan verskeie Europese universiteite en was vanaf 2008 tot 2020 hoogleraar in gosdiensfilosofie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam. Sy publikasies bestryk ’n breë terrein vanaf taalfilosofie en kultuur- en godsdiensfilosofie tot Afrika-denke, interkulturele filosofie en multikulturalisme. Sy gedigte is opgeneem in verskeie versamelbundels, soos byvoorbeeld  Groot Verseboek (red. André P Brink). Doodmenslik (Protea, 2018) is sy debuutbundel en was op die kortlys van die SALA-toekennings in 2019.

Hier volg 5 gedigte uit sy album Doodmenslik, gepubliseer by Protea Uitgewers, en geplaas met hul vergunning. 28 Jule 2021